Meer oor die rede vir die bestaan van hierdie blog…
Filosofie, malligheid of naïve, noem dit wat jy wil, maar ek glo daar is nog mense in hierdie lewe wat eerlik is, wat dinge reg wil doen, mense wat nog glo in geregtigheid. Ja, miskien droom of hallusineer ek, dalk moet ek net onder my klip uitklim…so be it! My waardes sal nie verander nie en daarom sal ek my opinie lewer op sub-standaard “mediocre” praktyke wat ons as “achievements” sien in hierdie Suid-Afrika.
Ons almal het ‘n passie, stokperdjies en net dinge wat ons maak “tick”. Daai rede hoekom jy nog die moeite doen om op te staan in die oggend, oftewel, jou doel op aarde. Wel, die is myne. Die grootste dryfkrag agter my en die rede vir die “blog” is mense. Ek het ‘n enorme belangstelling in die veld van leierskap, soveel so dat ek glo in vandag se lewe is dit ‘n vorm van kuns.
Gebore in die laat sewentiger jare en met ondervinding in die korporatiewe wêreld sowel as entrepreneurskap, glo ek nou dat ek ‘n opinie kan hê.
In my vroee 20’s, het ek gewerk vir ‘n dinamiese persoon, iemand wat dit werklik kon reg kry om met Christelike waardes en beginsels besigheid te doen, en nie een van die duisende valse profete wat met ‘n bybel onder die arm loop en probeer besigheid doen nie.
Sy egte verhouding met God, sy liefde vir leierskap sowel as sy strewe daarna, het ‘n impak op my gelos. Min wetend het hy rigting aan my lewe gegee. Hy kon dit reg kry om die beste in jouself te ontgin. ‘n Opregte mentor. Vandaar, die belangstelling in die veld sowel as my groot passie en liefde vir mense om my, net om ‘n verskil te kan maak, want dan maak jy saak.
Ek glo vandag daarin dat ons almal kruis mekaar se paaie met ‘n doel, dat mens op die tipe verhoudings met mekaar moet kapitaliseer en moet sorg dat albei mense in die vehouding beter aan die ander kant uitkom. Ons het almal iets wat ons kan bied aan mekaar om mekaar se lewens op ‘n sinvolle wyse te verryk.
Behalwe vir leierskap hou ek van gesels en druk myself graag uit in beide tale. Hierdie platform het ten doel om my sienswyse oor enige onderwerp wat ek voel my aanraak, met julle te deel. Gebruik asb die geleentheid om terug te kommunikeer, en ook so jou persepsie en ondervinding van `n onderwerp te stel. Mens kan altyd gesonde argumente uitruil. Ek is ‘n ekstrovert en lewer graag my opinie… My sienswyse…